Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakies sit goeie vorm voort

Drakies sit goeie vorm voort
 
2009-06-18


IN ’n voorwedstryd vir die finaal van Young Peoples se sewestoernooi tussen Albions Rugbyklub en Allandale, het Drakenstein se vrouerugbyspan ’n spog-vertoning gelewer teen Blue Jets van Langa.

Die dames van dié twee spanne was veral opgewonde om vir die eerste keer voor so ’n groot skare in aksie te wees, met die Drakies wat hulle baie goed van hul taak gekwyt het om ’n 33-5 oorwinning te behaal voor hul tuisskare.

Die rustydtelling was 21-5 vir die Drakies.

Die Drakies het daarin geslaag om vyf drieë te druk teen die een drie van hul opponente. Die tuisspan se Naceleen Daniels het ook vier van haar span se vyf drieë verdoel.

Die Drakies se drieë is gedruk deur Meagan Hendriks, Varoeska Grain, Ketsile Tihoeng, Areesa Grain en Naceleen Daniels.

Ander uitblinkers was Christal Diedericks, Portia Scott en Areesa Grain, met die speler van die wedstryd, Creschekay Quinn.

* In die tussentyd het vier spelers van Drakenstein se vrouerugbyspan die WP vrouespan gehaal. Hulle is Portia Scott, Varoeska Grain, Theressa Ruiters en Abigail Jantjies.

Dit is ’n puik prestasie aangesien dit die span van Drakenstein se eerste jaar in die WP-kompetisie is.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za