Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Klubtitels in visier

Klubtitels in visier
 
2009-06-18

Jaco van Wyk

MET die draai van die seisoen kan plaaslike rugbyklubs, wat hul rugby in die onderskeie WP-ligas speel, ’n duidelike aanduiding kry oor die realiteit van hul titel-aspirasies vir 2009.

Teen dié tyd het elke klub reeds nege wedstryde gespeel - een wedstryd teen elke span in die betrokke liga. Elke liga bestaan uit tien klubs.

Terwyl sommige klubs nog sterk in die wedloop is om aan die einde van die jaar hul ligas te verower (en sodoende gepromoveer te word na ’n hoër liga), is ander klubs in ’n stryd gewikkel om vir die res van dié seisoen kop bo water te hou (om sodoende relegasie vry te spring).

So, hoe staan sake tans vir plaaslike klubs in die Westelike Provinsie?

In WP se top-liga, WP Superliga A, is daar geen plaaslike klubs wat deelneem nie. Dit is immers die liga waar WP se elite klubs, soos Hamiltons in Kaapstad (41-punte) en Maties van Stellenbosch (31-punte), sake uitspook om as die nommer een klub in die Provinsie gekroon te word.

Een liga laer, In WP se Superliga B, is daar twee plaaslike spanne wat graag hul staal op ’n hoër vlak ten toon sal wil stel.

Ná nege wedstryde lê Young Peoples van die Paarl ongeveer in die middel van die punteleer op 18 punte (Valsbaai lê bo met 38 punte). Pniel Villagers (8 punte) is die agterosse en sal hul algemene spel moet lig indien hulle volgende seisoen steeds in dieselfde liga wil meeding.

Nóg ’n liga laer, in WP Premierliga A, lê Paarl Rugbyklub (36 punte) stewig in die tweede posisie. Belhar is met 45 punte bo-aan die punteleer.

In die Premierliga B lê Franschhoek, na nege wedstryde, in die sesde posisie met 22 punte (Lagunya lê bo met 37 punte). Met 9 punte lê Albions Rugbyklub van die Paarl in die gevaarsone, in die agtste posisie.

’n Liga Laer (WP Divisie 1) is Young Stars (16 punte) en Paarl Rangers (14 punte) onderskeidelik in die sewende- en agtste-posisies.

In die Paarl Streek-liga is Young Standards tans die span om te klop. Met agt oorwinnings in nege wedstryde, beskik die voorlopers oor 36 ligapunte.

In die tweede plek lê Riverstones op 35 punte, met sewe oorwinnings in nege wedstryde.

Laer Paarl (29 punte), Young Gardens (24 punte) en Violets (24 punte) is die spanne wat steeds by die agterdeur kan inglip.

Verlede jaar se Paarl Streekkampioene, Windmeul United, lê in die sesde plek op 23 punte, gevolg deur Vineyards (21 punte), Allandale (19 punte), Simondium (5 punte) en Pêrel United (4 punte).

* Eerskomende naweek skop die tweede rondes van die onderskeie ligas af. Sien die Sport Dagboek (bl. 26) vir wedstryd-bepalings.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za