Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike skole-rugbyspelers kry provinsiale kleure

Plaaslike skole-rugbyspelers kry provinsiale kleure
 
2009-06-18


OUDERGEWOONTE spog plaaslike skole van die Paarl en Wellington vanjaar weer met Cravenweekspelers in die onderskeie WP en Boland Crevenweekspanne.
* WP: Spelers van Hoër Jongenskool ingesluit in WP se Cravenweek- en Akademiespanne, is Frans Malherbe, Wilhelm van der Sluys, Neil Rautenbach, Adriaan Botha (almal in die Cravenweek-span), Gavin Hauptfleisch, William Adams en Stephen Coetzee (almal in die Akademie-span).
Leerders van Hoërskool Gimnasium wat hul WP-kleure vir rugby gekry het, is Juan Norman (o.18 Akademie-span), JR Esterhuizen, William van Wyk en Christiaan Smit (WP o.18 Cravenweek-span).
Hoër Landbouskool Boland se Francois van Wyk is aangewys as die kaptein van die WP Akademie-rugbyspan, terwyl Landouskool se Gerrit Jordaan aangewys is as die onderkaptein van dieselfde span.
Philip Molnar van Landbouskool is ingesluit in die o.16 WP-rugbyspan.
* Boland: Clinton Ruiters (Boland o.16) en Robin Andrews (Boland o.18 Akademie-span) van New Orleans Sekondêr is vereer met hul Boland-kleure vir hul puik prestasies op die rugbyveld.
Leerders van Klein Nederburg Sekondêr wat Bolandkleure verwerf het vir rugby, is Keenan Abrahams, Conwill Cleophas (albei o.18 Akademie) en Carlon Carolissen (Cravenweek).
Gilmore Adams van Klein Nederburg Sekondêr het die Boland o.16-rugbyspan gehaal.
Hugenote Hoërskool se Godlen Masimla en Jandré Lamprecht is ingesluit in die Boland Cravenweek-span, terwyl Hugenote se Malherbe van Wyk en Tiaan Eygelaar ingesluit is in die Boland o.18 Akademie-span.
Philip Veldsman van Hugenote is ingesluit in die Boland o.16 rugbyspan.
Bergrivier Sekondêr se Boland o.18 Cravenweek- en Akademie-spelers, is Renaldo Petersen, Geoffrey Allies ( albei Cravenweek) en Brendon Nel.
Lesley Gertse van Weltevrede Sekondêr is ingesluit in die Boland o.18 Akademiespan.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za