Paulus Joubert pak toerspan
2009-06-18
DIE o.19A-rugbyspan van Paulus Joubert Sekondêr kom Saterdag te staan teen die Engelse toerspan, Wesley College, op die skool se sportgronde. Ná afloop van dié wedstryd sal die eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus op ’n grootskerm in die skool-saal vertoon word. Verversings sal te koop wees en alle ouers en oud-studente word hartlik uitgenooi. Toegang is slegs R5. Maandag 22 Junie, om 19:00, vergader alle oud-studente om die ‘Renfred Dazel Oud-studentedag’ te bespreek, wat op 1 Augustus by die skool sal plaasvind. Op dié dag sal Paulus Joubert se o.16- en o.18-spanne teen die Engelse toerspan, St Paul, speel. Twee oud-studentewedstryde teen Noorder-Paarl Sekondêr sal ook gespeel word. Oud-studente van Paulus Joubert kan vir Abraham Colberg (073-362-9363), Kallie Ross (073-602-9375) of Ivor Collins (083-346-3889) kontak.
More
News
|