Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dubbele begrafnis

Dubbele begrafnis
 
2005-03-17


'n OUMA en haar kleinseun is dood nadat die bakkie waarmee hulle en familielede Saterdag onderweg was, buite Franschhoek van die pad geloop het.

Die R45 en padskouer het besaai gelê van die 13 beseerdes nadat ’n band gebars en die bakkie teen ’n boom geloop en toe op sy dak beland het.

Die bestuurder, Marius Pietersen, wat sy familie Paarl toe geneem het vir inkopies, is lig beseer.

Ann Pearce (53), wat onder die kap gesit het, het op slag gesterf. Haar kleinseun Jason Helmey (10) het later aan sy beserings gesterf.
Haar dogter en ma van Jason, Marelize Pietersen (30), was onder die beseerdes.

Familielede Eugene van Wyk (11) is in die hospitaal opgeneem met ’n gebreekte been en Mitchell Basson (11) met ’n diep kopwond en nekbesering.

Pieter Helmey (3) het ’n gebreekte been en nekbeserings opgedoen terwyl Elric Basson (6) met ernstige hoofbeserings in die Tygerberg Hospitaal is.

Sandy-Ann Helmey (12) het veel- vuldige beserings en Nadian Helmey (1) het skraapwonde opgedoen.

Dillon Helmey (9) het ’n long- en beenbesering terwyl Shane Basson (7) beenbeserings het.

Die gedenkdiens vir die ouma en kleinseun is Sondag 13:00 by die Hougaardt woning op die plaas Bien Donné en om 14:00 in die Ou Apostoliese Kerk Simondium.

* A grandmother and son will be buried together this weekend. They were killed when the pick-up they were travelling in left the road outside Franschhoek.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za