Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stappers met messe aangeval

Stappers met messe aangeval
 
2005-08-18


DIE pad na ’n drinkplek in Carterville het Saterdagnag in ’n bloedbad verander toe ’n jong man met ’n mes vermoor is.

Stanley van Wyk van Newtown was saam met twee vriende op pad na ’n sjebeen in Swartbergstraat toe hulle ’n groep van vyf mans en vroue teëgekom het.

’n Gestamp en gestoot het begin voordat ’n mes uitgepluk en Stanley doodgesteek is. ’n Twintigjarige man is in hegtenis geneem.

In ’n soortgelyke voorval is Freddie Dampies (23) van
Lanquedocplaas Saterdagaand vermoor terwyl hy en ’n vriendin in Klein Drakenstein gestap het.

’n Argument het ontstaan tussen die oorledene en werkers van die plaas Ashanti. ’n Man (24) verskyn in die Paarl landdroshof nadat Freddie aan vyf steekwonde beswyk het.

Die polisie het Woensdag verlede week ’n moorddossier geopen toe inwoners van Cocktailstraat, Milkytown in die Paarl, ’n lyk op hul erf ontdek het.

Dit is nie bekend hoe Trevor (Nigel) Reigers (23) van die Zakazwane plakkerskamp daar beland het nie.

Toe die huisbewoners die oggend die voordeur oopgemaak het, het hulle voete onder hul bakkie sien uitsteek. Nigel het tot sy bors onder die voertuig gelê. Hy het gesterf aan meswonde in die nek en skouer.

Paarl-Oos speur-insp Cliffie Walters (807-4086) ondersoek die saak.

Die slagoffer van ’n padongeluk by die Markstraat verkeersirkel in Bergrivier Boulevard, Paarl, is steeds onbekend.

Die man, ligbruin van kleur en in sy twintigerjare, het 65kg geweeg en was 1,71m lank, met kort krulhare. ’n Handbyl en kruis is op sy bo-arm getatoeëer en hy het ’n oorring met diamantagtige steentjie gedra.

Die man was geklee in blou jeans, ’n swart en geel hemp, swart baadjie, swart skoene en ’n ligblou bofbalpet.

Skakel konst Charlene Fortuin (807-4038) met inligting oor die man en die botsing.

* Two young men have died after being stabbed in street attacks.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za