Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Christelike kamp vir jong sportliefhebbers in Bainskloof

Christelike kamp vir jong sportliefhebbers in Bainskloof
 
2009-06-25


DIE jeug van VGK Bet-El Paarl gemeente (CYM) bied ’n jeugkamp met die tema “Christ 4 all Nations” vir jongmense en sportgeesdriftiges aan van 3 tot 5 Julie te Bainskloof VCSV kampterrein.

Die doel van die kamp is om jongmense bewus te maak hoe sport vir bedieningswerk gebruik kan word in 2010 en daarna.

Verskillende persoonlikhede wat betrokke is in sportbediening is genooi insluitend Louis Koen van Living Ball, pastoor Eric Hoffmeyer van Ubabalo en Joseph Jacobs van Ultimate Goal. Daar sal tydens die pretnaweek ook kompetisies gehou word waar jy lekker pryse kan wen.

Die groep vertrek Vrydag 3 Julie om 12:00 vanaf VGK Bet-El in Groenheuwel.Om die kamp by te woon kos R200 per persoon.

Vir registrasievorms en meer inligting, kontak Jacomina Alkaster by 082-992-3093 of stuur ’n epos na jacomina.alkaster @vodacom.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za