Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dramaturge moet nou laat waai

Dramaturge moet nou laat waai
 
2009-06-25


DRAMATURGE en voornemende toneelskrywers kan naderstaan met dramatekste wat vir 2010 se Spat-kompetisie oorweeg kan word.

Met prysgeld van altesame R270 000 is Spat ’n belangrike inspuiting vir die ontwikkeling van nuwe Afrikaanse teaterproduksies. Die prys is daarop gemik om die skryf van professionele dramatekste aan te moedig, opkomende teaterkunstenaars die geleentheid te bied om hul talente te ontwikkel en daardeur die algemene standaard van Afrikaanse teater te stimuleer.

Hoogstens vier word gekies op grond van oorspronklike Afrikaanse dramatekste (ongeag dialek of streektaal) wat aanvanklik deur die skrywers vir oorweging aan enige van die dramadepartemente by tersiêre opvoedkundige instellings in Suid-Afrika voorgelê word en dan uiteindelik deur die dramadepartemente vir beoordeling ingeskryf word.

Die sluitingsdatum om tekste aan dramadepartemente voor te lê, is 30 Junie.

Meer inligting oor die kompetisie is beskikbaar by www.san­lam.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za