’n NUWE kunsgalery, Lithnic Art, open hierdie week in die Paarl by Hoofstraat 169 (hoek van Hoof- en Rosestraat).
Die uitstalling waarmee geopen word, bestaan eksklusief uit die werk van Madelyn van Niekerk en Marina Lavarack.
Madelyn, wat al vir 34 jaar skilder, se werk is bekend dwarsoor Suid-Afrika en dit is veral haar skilderye van rose wat aan haar die naam van die Rooskoningin van Suid-Afrika besorg het.
Sy skilder in ’n wye verskeidenheid van style, van klassiek tot modern.
Marina Lavarack is een van Madelyn se topstudente.
Die kurator is Thinus Wilken.
Vir ’n uitnodiging na die opening van die galery op Saterdag 27 Junie om 18:00, skakel Thinus by 084-620-2103.