Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekende Poolse perkussiespeler in Suid-Afrika

Bekende Poolse perkussiespeler in Suid-Afrika
 
2009-06-25


DIE wêreldberoemde internasionale perkussiespeler, Marta Klimasara, tree op 1 Julie om 20:00 op in ’n solokonsert in die Endlersaal op Stellenbosch.

Marta gaan werke van die Suid-Afrikaanse komponis Peter Klatzow speel asook werke van Iannis Xenakis, Per Norgard, Astor Piazolla en Michael Burritt.

Gedurende die Internasionale Ensemble Fees wat van 3 tot 12 Julie in Stellenbosch plaasvind, gaan sy meesterklasse gee en optree in die hoofkonserte.

Marta is in 1999 aangewys as die algehele wenner tydens die Wêreld Marimba Kompetisie wat in Japan gehou was. In 2001 word sy aangewys as die algehele wenner van die ARD kompetisie in Munich.

Hierdie Poolse musikant betower ’n mens met haar verhoogspersoonlikheid en speel met uiterste musikale sensitiwiteit. Sy bemeester die warm en soms intieme klanke van die marimba met soveel sekerheid en kan dan net so oorskuif om die vereistes van veelvuldige perkussie-instrumente en al die uitdaagings daarvan ten volle te bemeester.

Marta het in 1994 na Duitsland verhuis en in 2004, op ’n baie jong ouderdom, is sy as Professor aangewys by the Hochschule für Musik und Darstellende Kunst in Stuttgart. Marta tree gereeld as beoordelaar tydens internasionale kompetisies op.

Hierdie gaan ’n unieke geleentheid wees om ’n speler van haar formaat in Suid-Afrika te kan aanhoor.

Kaartjies vir die Stellenbosch konsert (R80 of R60) is beskikbaar by Computicket of by die deur.

Vir meer inligting, skakel die konservatorium by 021-808-2343 of e-pos music@sun.ac.za of besoek www.sun.ac.za/music.

Sy tree die volgende aand om 19:00 op in die Hugo Lambrechts ouditorium in Parow. Kaartjies vir die Hugo Lambrechts konsert is beskikbaar by mev Stevens by 021-939-9105/6.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za