Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rock saam met Etienne en Dikazzins

Rock saam met Etienne en Dikazzins
 
2009-06-25


DIE wynglase gaan bewe, die stoelpote gaan kreun en die kitare gaan raas, want die singende wynmaker, Etienne Terblanche, en sy band se rooiwyn-rock weergalm weer Vrydag 26 Junie in daardie Paarlse baken van goeie tye, die Ou Meul-teater, om 20:00.

Bolandwyne sal op promosie wees, met Etienne wat ’n eiesoortige wynproe saam met musiek aanbied.

Maar voor jy al jou geld daarop spandeer, hou so R100 oor vir Etienne Terblanche en Dikazzins se eerste CD wat verlede jaar verskyn het, Die Magtige Dreuning, wat op die aand te koop sal wees.

Bring jou vriende saam na die vertoning, want groepe van vyf kry een kaartjie gratis.

Kaartjies is R50 en besprekings kan gedoen word by Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za