Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiekmosaïek by kerk

Musiekmosaïek by kerk
 
2009-06-25


ONTSPAN met musiek uit die boonste rakke tydens ’n sangvertoning wat die NG Kerk Drakenstein Vrydagaand om 19:00 in hul kerksaal in Denneburg, Paarl aanbied om die kwartaal mee af te sluit.

Die hoofkunstenaar is die bekende sangers Mimi Haasbroek, gesteun deur leerders uit die gemeente wat formele sangopleiding ontvang by plaaslike musiekskole.

Van die leerders wat optree, is Anastasia Pieterse, Denise Carstens, Christoff Beukman en Ansa van der Walt.

Die aand beloof om ’n verskeidenheid van musiek en talent op te dis wat alle musieksmake sal bevredig.

Kaartjies is by die deure beskikbaar teen R50 (R20 per kind) wat sop en brood insluit tydens pouse.

Die opbrengs word aangewend vir die blokprojekte van die gemeente.

Vir meer besonderhede, kan jy Nartjie Pieterse na ure kontak by 021-872-6308.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za