Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bella Vista steek ’n stokkie voor Hillcrest United se segetog

Bella Vista steek ’n stokkie voor Hillcrest United se segetog
 
2009-06-25


DIE Superliga-Oos voorlopers, Bella Vista, moes Saterdag alles uithaal om die manne van Wellington, Hillcrest United, met 13-7 te klop.

Dit was slegs rotsvaste verdediging en die aansporing van hul tuisskare wat verhinder het dat Hillcrest vir die derde agtereenvolgende keer die manne van Ceres kon klop.

Ná Saterdag se wedstryd besef Francois Booysen en Davey Wellman, die Wellingtonners se afrigters, dat die top-posisie van die liga ook binne hul bereik is.

Aandag sal egter aan hul gevreesde rolmaalbewegings en hul spel in die vastelos gegee moet word.

Met Granville September wat die lynstane totaal oorheers het, kon die vuurvreter-flank, Gerswin van Rooyen, asook die agtsteman Adam Arendse, ver ente veld wen.

Ricardo Festus het ook met sy inklimspel die oog gevang.

Agterlangs was André Andrews en Mario Jones vol planne en hulle het dikwels die opposisie raadop gehad.

Die ervare Shelton Benn en Jerome Coetzee, was self op hul stukke en het weereens koelkop vertoon onder druk.

Hillcrest se buitesenter, Lyle Nyman, het met sy vertoning gewys dat hy beslis nog diep spore in Boland Rugby gaan trap.

Vir Hillcrest het Van Rooyen ’n drie gedruk wat deur Jerome Coetzee verdoel was.

Eerskomende Saterdag speel Hillcrest tuis teen Hawston. Indien Pelikaanpark se velde Saterdag onspeelbaar is as gevolg van die reën, sal die wedstryd te CPUT se velde, in Wellington, gespeel word.

Daar sal ook ’n televisie-stel in die klubhuis wees vir toeskouers wat die Springbokke teen die Britse en Ierse Leeus in aksie wil sien.

Die klub se gemeenskapswerk word ook weer hervat met ’n sopkombuis in Carterville vanaf 08:00.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za