Blues se samespel hou sleutel
2009-06-25
DIE eerste rugbyspan van Laer Paarl (Blues), het Saterdag te veel skietgoed gehad vir Violets tydens hul 13-5 oorwinning op die Daljosafat-stadion. Hoewel Violets vroeg ’n onverdoelde drie gedruk het, was dit van die begin af duidelik dat Laer Paarl nie sonder ’n oorwinning wou huis toe gaan nie. Die wedstryd was teen ’n hoë tempo gespeel, met beide spanne wat bereid was om die bal die praatwerk te laat doen. Blues het talle aanvalle geloods, maar baie bewegings het skipbreuk gelei as gevolg van verkeerde opsies. Blues was in die tweede helfte beloon met ’n skitter-drie deur die vleuel Gueron Kulsen, wat 50m onder sy teenstanders weggenael het vir sy drie onder die pale. Dié drie het die telling op 13-5 te staan gebring in Blues se guns. Vir Blues het die heelagter Lee Blaine bestendig vertoon. Met Delwayne Carolissen op losskakel was die Blues se taktiese spel ook goed en die bal het vinnig senters toe beweeg. Laer Paarl se tweede span het 10-0 gewen en die derdes het 9-5 gewen. Laer Paarl speel eerskomende Saterdag teen Young Standards op Daljosafat.
More
News
|