Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man sterf in rivier

Man sterf in rivier
 
2005-08-18


NADAT die liggaam van ’n Paarliet Sondagoggend in die Hugo’srivier in Paarl-Oos ontdek is, is aanvanklik gemeen hy het gewelddadig gesterf.

Inwoners het Griffith du Preez (45) van Swaweltjiestr 204, Amstelhof, laatoggend op sy rug in die sterkvloeiende rivier gesien lê en die polisie ontbied.

Beamptes moes oor tuinmure klim en teen die steil graswalle afklouter om by die digbegroeide rivier te kom.

Met die na-doodse ondersoek is vasgestel dat hy weens ’n epileptiese aanval gesterf het.

Du Preez word oorleef deur sy vrou Marie en seun Gershwim (13). Hy was jare lank ’n messelaar totdat die epilepsie veroorsaak het dat hy nie meer kon werk nie, sê sy eggenote.

Sy het hom die Saterdag laas gesien en was heeltemal onvoorbereid op die skoknuus van sy dood Sondag.

* The body of a Paarl man who died of epilepci was found in a river.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za