Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Talle neem afskeid van vuurwapen

Talle neem afskeid van vuurwapen
 
2009-06-25

Lise Beyers

HARTSEER tonele het die afgelope naweek afgespeel by plaaslike polisiestasies, toe talle vuurwapeneienaars afskeid moes neem van hul vuurwapens.

Vuurwapeneienaars wat nie wil aansoek doen vir die hernuwing van hul vuurwapen nie, het slegs tot 30 Junie kans om van hierdie wapens ontslae te raak.

Die vuurwapen kan verkoop word of aan ’n individu geskenk word.

Dit kan deur ’n vuurwapenhandelaar gedeaktiveer word, dus kan die eienaar wat wil dit om sentimentele redes hou, maar dit sal nie meer in ’n toestand wees om te skiet nie.

Dan, as laaste uitweg, moet die vuurwapen by ’n plaaslike polisiekantoor ingedien word by die vuurwapenbeheerbeampte vir vernietiging.

Volgens die bepalings van die Vuurwapenbeheerwet wat sedert 1 Julie 2004 van krag is, moet alle vuurwapeneienaars heraansoek doen vir hul lisensies. Hierdie aansoek is makliker gesê as gedaan.

Die nuwe stelsel dring daarop aan dat eienaars ’n bevoegdheidsertifikaat moet bekom by ’n onafhanklike opleidingsentrum. Dit beteken ook dat die aansoeker een hele dag hiervoor moet opoffer.

Dan is daar ellelange vorms wat ingevul moet word vir die aansoek, gevolg deur ’n jarelange wagtydperk voordat die lisensie uiteindelik uitgereik word.

Talle laatslapers het tot op die nippertjie gewag, met die hoop dat vuurwapen- en jagverenigings daarin sal slaag om die owerhede te oorreed om hierdie nuwe wet te heroorweeg.

Maar die manne wat die lat swaai in Pretoria, stoomroller net voort sonder om met hulle te beraadslaag.

Diegene wat dus hul vuurwapens gaan verkoop of skenk, sal die wapen by hul polisiestasie moet indien vir bewaring totdat die nuwe eienaar se lisensie goedgekeur word, wat ’n hele paar jaar kan duur.

Onlangs is nuwe wetgewing aanvaar dat hierdie vuurwapen wel in die besit van die eienaar mag bly. Maar weereens moet vorms ingevul word om aansoek te doen vir ’n permit hiervoor, en dit teen R140 per jaar.

En dan mag die vuurwapen geensins gebruik word nie.

Dus het talle mense vandeesweek besluit om hul vuurwapens in te dien vir vernietiging, om hierdie slagysters vry te spring.

Na verwagting sal duisende vuurwapens later vanjaar in ’n smeltoond vernietig word, weens hierdie wetgewing.

* Many firearm owners handed in their firearms this week for the destruction thereof.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za