Plaaslike klubs moet vinger trek in Boland Premierliga
2009-06-25
Jaco van Wyk
IN die Boland Premierliga sal plaaslike klubs moet vinger trek indien hulle steeds onder die titel-aanspraakmakers wil tel aan die einde van die seisoen. Met die seisoen wat nou net verby die halfpadmerk is, lê Wellington Rugbyklub in die vyfde posisie met 28 punte (10 gespeel, 5 gewen, 1 gelykop en 4 verloor). Kort op hul hakke, in die sesde posisie, lê Roses United op 26 punte (11 gespeel, 4 gewen, 2 gelykop en 5 verloor). Met Robertson in die top-posisie met 40 punte, het veral Wellington Rugbyklub steeds ’n realistiese kans om dié liga te verower, aangesien hulle ’n wedstryd uitstaande het. Wellington kan egter nie bekostig om nóg ’n wedstryd te verloor nie. Rawsonville lê tans tweede met 39 punte. * IN die Wellington Sone-klubkompetisie, bestaande uit twee groepe (Groep A en Groep B), lyk die stand van sake, ná ses wedstryde elk, soos volg (korrek op 13 Junie 2009): Groep A: 1. All Stars (28 punte); 2. Superstars (19 punte); 3. Bergrivier (19 punte); 4. La Motte (17 punte); 5. Sandrivier (11 punte); 6. Doolhof (4 punte); 7. Young Lions (0 punte). Groep B: 1. Warriors (22 punte); 2. Oceans (22 punte); 3. Dennegeer (18 punte); 4. Wemmershoek (17 punte); Young Stars (13 punte); Evergreens (12 punte); Hungry Lions (0 punte).
More
News
|