Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Winkelvensters vertel nie meer stories

Winkelvensters vertel nie meer stories
 
2009-06-25

Sieb Sieberhagen

WINKELVENSTERS in Lady Greystraat vertel nie meer stories nie, want straatsmouse oordonder die voorkante van winkels só dat dit eintlik sinneloos is om uitstallings in jou winkelvenster te hê, sê plaaslike winkeliers.

Duisende rande word aan huurgeld spandeer en hulle kan nie die volle potensiaal van hulle winkels ontwikkel nie, sê winkeleienaars en -bestuurders in Lady Greystraat in die Paarl.

Winkeleienaars wil graag anoniem bly aangesien viktimisasie glo al voorgekom het, nadat daar by die Munisipaliteit oor die straatsmouse gekla is.

Ander glo weer dat die straatmouse welkom is, omdat diewe al in die verlede deur straatsmouse uitgewys is.

“Baie van hulle is behulpsaam om skoon te maak en selfs die ruite te was,” sê ’n bestuurder van ’n meubelwinkel.

Die meeste winkeliers stem egter nie saam nie.

“Jou venster vertel die storie van jou winkel. Dit is nie ’n goeie ding nie. Niemand maak skoon nie.

“En omdat die sypaadjies so besig is, is dit vir grypdiewe baie maklik om te steel en dan net te verdwyn.

“Veral die ou mense word afgesit om by die winkels inkopies te kom doen.Voorvalle van gebreekte vensters en diefstal kom al hoe meer voor,” vertel ’n eienaar wat al verskeie kere by die Munisipaliteit gaan kla het.

“Ek kla al vir nege jaar en ek sal voortaan elke maand ’n brief aan die owerhede skryf. Maar wat gebeur as jy kla?, Dan word jy geviktimiseer. Twee van my motorbande is al stukkend gesteek en my motor is gekrap en ek weet wie dit is. Dit is een van die smouse.

“In die wintermaande wanneer dit reën, staan hulle die ingang van die winkel toe en in die somermaande soek hulle weer die koelte voor die winkels op. En ons betaal duisende rande huur per maand.

“As belastingbetalers het ons darem seker ’n sê. Ek is nie ten gunste van die smouse nie. Ek kry hulle jammer, maar dit veroorsaak dat die sypaadjies onbegaanbaar is.

“Hier is ook geen parkeerplek nie. Van die straatsmouse stop heeldag hier met hulle voertuie, wat dan veroorsaak dat ons klandisie minder raak.

“Daar is ’n duidelike afname in verkope wanneer die smouse voor die deur staan.

“In ’n kort tydjie moes ons al drie keer van ons vensters vervang weens skade wat deur smouse aangerig is. Hier is ook nie parkeerplek vir kliënte nie.”

Die smouse word deur amptenare van die Munisipaliteit gevra om weg te skuif, “maar somtyds reageer hulle op ’n baie arrogante wyse,” vertel ’n ander bestuurder.

Volgens die munisipale woordvoerder, May Carolissen, is die Munisipaliteit van mening dat informele handel nie heeltemal verbied kan word nie, omdat so baie mense werkloos is. Tans word geen gelde gevra vir smousstaanplekke nie.

Die vullis van die smouse moet daagliks laatmiddag verwyder om die sypaadjies skoon te hou.

Tydens vergaderings met sake-eienaars, grondeienaars en informele handelaars is ooreengekom dat ’n permanente oplossing vir smousery gevind moet word.

Sakelui meen dat daar meer beheer en wetstoepassing moet wees en dat net mense wat werklik geen ander inkomste het nie, geakkommodeer moet word.

Daar is gevra dat informele handelaars nie voor vensters moet sit nie en verskeie voorstelle is op die tafel gesit om die probleem aan te spreek.

Onderhandelings duur voort, terwyl die aantal smouse toeneem.

Die enigste afgebakende staanplekke wat tans nie gebruik word nie, is dié op Patriotplein, omdat daar nog onderhandel word oor die herontwikkeling van die middedorp.

* Paarl shopkeepers complain about hawkers who block their shopfronts, impacting on the number of shoppers in town.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za