Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Terug op hul beste

Terug op hul beste
 
2009-06-25

Jaco van Wyk

DIT wil voorkom of Roses United Rugbyklub uiteindelik hul vorm van verlede jaar herwin het, nadat hulle Saterdag vir Black Leaves ’n rugby-les geleer het op Pelikaanpark in Wellington.

Die Rose het met 32-13 maklik geseëvier, ná hulle rustyd reeds met 27-8 voor was.

Hoewel verlede jaar se Boland Premier-ligakampioene hul besoekers van Gansbaai geklop het met aanskoulike hardlooprugby deur die agter-spelers, was dit die sagmaak-proses deur die kragmanne voorlangs, wat die tafel gedek het vir ’n spog tuis-oorwinning.

Die Rose se voorspelers, met veral die lostrio op hul stukke, het die bal goed gedra en gesorg dat die tuisspan deurgaans op die voorvoet kon bly.

Hier was die Rose se kaptein, Franzel September, en die slot Goodman Moses op hul allerbeste.

Agterlangs het die binne-senter Jonathan van Schalkwyk en die regtervleuel Gershwin September munt geslaan uit die goeie balbesit.

Die wedstryd was egter nie sonder sy foute nie en swak hantering aan beide kante, sowel as die onvermoë om die bal behoorlik te beskerm by die afbreekpunte, het beide spanne daarvan weerhou om momentum op te bou.

Die Rose se driedrukkers was September, Moses, Van Schalkwyk en Christopher Adams, met Percival Williams wat in die kol was met drie doelskoppe en ’n strafdoel.

Die Rose se tweede span het Saterdag baljaar op die speelveld om ’n 87-3 oorwinning te behaal, terwyl die derdes met 15-7 geseëvier het.

Eerskomende Saterdag reis Roses United na Ceres, om kragte te meet teen die magtige span van Allan Zondagh. Die bus vertrek om 10:00 vanaf Pelikaanpark.

* Wellington Rugbyklub het op sy beurt uitstekend gevaar om ’n 29-23 oorwinning teen Rawsonville te behaal, op laasgenoemde se tuisveld. Rawsonville is een van die voorlopers in die Boland Premier-liga.

Dié wedstryd was teen ’n vinnige pas gespeel, met Rawsonville wat aantreklike agterspeler-spel opgedis het, terwyl Wellington hul opponente voorlangs oorheers het.

Vir Wellington was hul losskakel Nicus Bergh die groot planmaker agterlangs. Bergh het geslaag met vier strafdoele, twee doelskoppe en ’n skepdoel, terwyl hy ook die tuisspan op die agtervoet gedwing het met taktiese skopwerk.

Rawsonville, wat rustyd nog met 15-0 voorgeloop het, het ná die breuk moedig probeer, maar Wellington se voorhoede het totale beheer oor die wedstryd geneem. Met die kaptein Shaun Heilinger aan die voorpunt, en met Chris Joubert (senter, 1 drie) en Gustav Stander (vleuel, 1 drie) wat goed vertoon het agterlangs, het Rawsonville geen teenvoeter vir die besoekers gehad nie.

Wellington se tweede span het 18-17 gewen en die derdes het 38-0 geseëvier.

Wellington speel Saterdag weg teen Abottsdale.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za