Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bakgat Boishaai

Bakgat Boishaai
 
2009-06-25

Jaco van Wyk

DIE telling weerspieël dit dalk nie, maar Saterdag sou daar altyd net een span gewees het toe Hoër Jongenskool en Paul Roos Gimnasium kragte gemeet het op die Brugstraat-sportgronde.

’n Naelbyter was dit beslis, met die Boishaaiers wat uiteindelik ’n 16-11 oorwinning behaal het oor een van die groot name in Wes-Kaapse skole-rugby.

Die rustyd-telling was 13-6 in die Paarliete se guns.

HJS het deurgaans meer gefokus gelyk as hul opponente van Stellenbosch, maar teen die einde van die wedstryd was daar steeds benoude oomblikke vir die manne in blou.

Met Paul Roos wat die een aanval ná die ander geloods het om ’n weg-oorwinning te behaal, het HJS se verdediging nie die groot getal ondersteuners in die steek gelaat nie, met die gevolg dat die tuisspan die soete smaak van ’n oorwinning kon proe.

Vir HJS het JC Jooste (flank) ’n drie gedruk. Die losskakel Gavin Hauptfleisch het ’n doelskop en drie strafdoele behaal.

* Hoër Landbouskool Boland het op sy beurt ’n weg-oorwinning behaal oor Hoërskool Tygerberg.

Dit was ’n taai en gelykop-affêre, met die rustyd-telling 3-3.

Dit het twee drieë in die laaste paar minute deur Landbou geverg om uiteindelik met 18-6 te seëvier.

Landbou se driedrukkers was Emelius Marais (heelagter) en Juan Louw (flank). Niël Tredoux (skrumskakel) het ’n doelskop aangeteken en Tiaan Radyn (losskakel) het twee strafdoele behaal.

* In ’n wedstryd wat nie ’n enkele drie kon oplewer nie, het Hoërskool Hugenote Saterdag vir DF Malan met 3-0 geklop.

Francois Smal (losskakel) het ’n strafdoel aangeteken.

* Op die huidige stadium boer Hoër Landbouskool Boland bo-aan die WP Skole-ranglys.

HJS lê tweede en verlede jaar se nommer een-span, Paarl Gimnasium, lê agtste.

Op die skole-ranglys van die Boland, lê Hoërskool Hugenote in die tweede posisie (met HTS Drostdy bo-aan die punteleer). Hoërskool Labori lê 23ste.

* Paulus Joubert het Saterdag te staan gekom teen ’n toerspan van Ierland, Wesley College. Die Paarliete het met 22-14 geseëvier.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za