Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong man in hof oor aanval op seun

Jong man in hof oor aanval op seun
 
2009-06-25


’n MAN het verlede week in die Paarl Landdroshof verskyn in verband met die raaiselagtige dood van ’n tienerseun van Klapmuts.

Adriaan Plaatjies (17) is op 29 Maart glo op heterdaad betrap toe hy by ’n motor ingebreek het tydens die troue van Ryand en Linda Liebenberg, by Rusticana.

Plaatjies is die volgende oggend gevind deur ’n groep mense wat met hul honde gedraf het, sowat 4km vanaf Rusticana.

Hy is kort hierna dood, vermoedelik weens ’n geskeurde lewer. Hy het glo erg na drank geruik.

Francois Pretorius (23), wat dié aand een van die gaste by die troue was, word nou verbind met die aanranding van Plaatjies.

Hy ontken egter in ’n verklaring alle betrokkenheid hierby. Hy erken wel dat hy vir ’n persoon in ’n motor aangetref het.

Hierna het nog van die gaste by die toneel aangekom en Pretorius beweer dat ’n ander man vir Plaatjies geslaan het.

Hy het wel vir hom met sy voet op die grond vasgepen, waarna, volgens Pretorius, die bruidegom vir Plaatjies weggeneem het.

Hy het die seun nie weer gesien nie, en hy ontken dat hy in sy teenwoordigheid aangerand is. Hy beweer dat hy later bloed aan die bruidegom se skoene opgelet het.

Die saak is na die direkteur van openbare vervolging gestuur vir oorweging.

* Een van die betrokkenis is genoem as Barry Stander, maar dit is nie die bekende boom man van die Paarl nie.

* A man has appeared in court in connection with the death of a teenager in Klapmuts.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za