18 Beseer in botsing
2009-06-25
Lise Beyers
AGTIEN pendelaars het verlede week in die hospitaal beland, ná ’n botsing tussen twee voertuie. Donderdagoggend omstreeks 06:30 het ’n minibus-taxi uitgeswaai vir ’n stilstaande voertuig op die Bo-Dalpad. Met dié het die taxi, wat onder andere verskeie werkers van ’n ouetehuis na die Paarl vervoer het, in ’n aankomende bakkie vol konstruksiewerkers vasgery. Verskeie mense is uit die twee wrakke geslinger. Een vrou is vasgepen voor in een van die bakkies, en dit het ’n geruime tyd geduur vir reddingswerkers om haar met hidrouliese kake te bevry. Geen uiters ernstige beserings is opgedoen nie. Hierdie stuk pad was vir spitstydverkeer gesluit en inwoners moes alternatiewe roetes na hul werksplekke vind. ’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat ’n klag van nalatige bestuur ondersoek word. * Eighteen people were injured when two vehicles collided on the Bo-Dal Road.
More
News
|