Plaaslike laerskole lewer o.13 Cravenweek-spelers op
2009-06-25
LAERSKOLE in die Paarl en Wellington het 'n aantal spelers wat ingesluit is in die o.13 Cravenweek-rugbyspan. Paarl Primêre Seunskool het vanjaar vyf o.13 Cravenweekspelers opgelewer. Hulle is Carlton Cillié, Malcolm Don, Jerome Korf, Curtley Grain en Derrick Marais. Zandré de Koker van Gimnasium Laerskool is in die o.13 WP-Cravenweek-rugbyspan opgeneem. Darren September van Laerskool Drakenstein is ingesluit in die Boland o.13 Cravenweek-span. Carlton Fortune van Hillcrest Primêr is opgeneem in die Boland o.13 Cravenweek-span. Jason-Lee Le Cordeur, graad 8-leerder van Bergrivier Sekondêr, is opgeneem in die Boland o.13 Cravenweek-span.
More
News
|