Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Brandon op pad na Moskou

Brandon op pad na Moskou
 
2009-06-25


DIE suksesvolle Rhadsport fietsryklub het vanjaar hul twaalfde ryer vir die nasionale span opgelewer toe die belowende jong Brandon Christians (17) gekies is om die SA Junior-span in Augustus te verteenwoordig tydens die Wêreld Baankampioenskappe in Moskou.

Christians het gedurende vanjaar se baanseisoen uitstekende fietsry opgedis en sy harde werk is beloon met ’n nasionale titel in die uitval-wedren tydens die SA Kampioenskappe.

Brandon het ook tydens die span-naelry goud verower toe hy sy spanmaats, Brent Pheiffer en Bernard Esterhuizen, tot ’n goue medalje gehelp het. Die tyd wat hulle daar aangeteken het, sou aan hulle ’n tweede plek in die Elite-wedren besorg het.

Brandon het ook sy veelsydigheid ten toon gestel toe hy ’n derde plek verower het in die puntewedren.

Brandon het vanjaar gewys dat harde werk werklik vrugte afwerp. Tydens die WP Baankampioenskappe het hy in feitlik elke wedren onder die eerste drie ryers geëindig.

Belangstellendes wat graag wil bydrae tot die onkostes van Brandon se toer na Moskou, kan sy ouers skakel by 021-862-0194 (moeder) of 078-433-5461 (vader).




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za