Man verdrink tydens jagtog
2009-06-25
Lise Beyers
’n JAGTOG het verlede week lelik skeefgeloop, toe ’n man verdrink het. Op Jeugdag het Klaas Bosman, Jacques Richard en Denver Adams, van die plaas Landau buite Wellington, ’n steenbokkie gejaag tot oorkant die Bergrivier. Hul honde het die dier hierna platgetrek. Jacques Richard het vertel dat hy en Bosman die rivier saam oorgesteek het om die bokkie te gaan haal. “Ons het maklik oor die rivier geswem, maar toe ons teruggaan met ons buit, is Klaas deur die water meegesleur. “Hy het vir ’n ent by die rivier afgedryf, maar het toe skielik onder die water verdwyn.” Weens die sterk vloei van die rivier, kon polisieduikers nie dié dag ’n soektog na Bosman loods nie. Daar is wel Woensdag en Donderdag ’n intensiewe soektog na sy liggaam voortgesit, ook met die hulp van ’n polisiehelikopter maar die lyk is steeds nie gevind nie. Klaas het saam met sy vrou, Magrietta Petro, op die plaas gewoon. Hulle het geen kinders nie. * Die kwessie van die jag van kleinwild hiér is ’n omstrede een. Die metodes wat gebruik word om te jag is volgens bewaringskundiges wreed, en die min wild wat in die omgewing is, is besig om as gevolg hiervan te verdwyn. * A man drowned while hunting on a farm near Wellington.
More
News
|