Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportster van HMS op pad na Duitsland

Sportster van HMS op pad na Duitsland
 
2009-06-25

Jaco van Wyk

DIE 14-jarige Tamaryn Cupido, wat binnekort haar atletiek-talente in Duitsland ten toon gaan stel, is Paarl Post en SuperSport se Let’s Play Sportster van Junie-maand.

Die graad 9-leerder van Hoër Meisieskool Paarl is ’n wonder om te aanskou op die atletiek-baan, ongeag of dit in die 100m-, 200m-, of verspring-items is.

Te danke aan haar prestasies op die atletiek-baan, is Tamaryn onlangs ingesluit by ’n groep gekeurde atlete en beamptes om ’n Duitse uitruil-program mee te maak, waar sy spesialis-afrigting sal ontvang vanaf 15 tot 28 Julie.

Net so hoog soos Tamaryn haar voete kan lig wanneer sy sandput toe spring vir ’n eerste plek in verspring, so vasgesement bly haar voete op die aarde wanneer sy nié op die atletiekbaan is nie.

“Ek dink die feit dat Tammy so beskeie is, speel ’n groot rol in haar sukses,” se haar ma, Naomi de Wet, wat self in haar jonger dae ’n kortafstand-atleet was.

Tamaryn, wat verlede jaar aan die SA Skole Atletiekkampioenskappe deelgeneem het, het haar goeie vorm net so oorgedra na die 2009 atletiek-seisoen.

In Januarie vanjaar het Tammy eerste gekom in die 100m (13,00 sekondes) as-ook in die verspring (5,04m) tydens die Jannie Visser Uitno-digingsbyeenkoms.

In Februarie vanjaar het sy eerste gekom in die 100m (13,00 sek) en verspring (5,04m) tydens HJS se Uitnodigingsbyeenkoms – dieselfde byeenkoms waar sy in 2008 die 100m rekord opgestel het (13,9 sekondes).

In dieselfde maand het Tamaryn eerste gekom in die 100m en tweede in die 200m en verspring, tydens die 4M Interskole Atletiekbyeenkoms.

By die Sentraal Boland Atletiekbyeenkoms (2de in 100m en verspring) en by die Boland Atletiekbyeenkoms (1ste in 200m en 2de in verspring) het sy ook puik presteer, gevolg deur haar persoonlike beste afstand in die verspring (2,54m), wat aan haar ’n tweede plek besorg het tydens die Wes-Kaap Kampioenskappe.

In Maart het sy derde gekom in die verspring (4,96m) tydens die SA Skole Atletiekbyeenkoms .

“Dit moet seker in die gene wees, want Tamaryn se ouma was self ’n naelloper op haar dag,” sê Naomi, wat byvoeg dat Tamaryn se hele gesin baie sportief is.

“Terwyl haar atletiek-talent waarskynlik van my kant van die familie afkomstig is, kom haar algehele sportiewe talent van haar pa en broers se kant af,” sê Naomi, met die verwysing na Tammy se broers, Dusty en Howard Noble, wat albei professionele rugby speel.

Tamaryn, wat na skool wil aansluit by Maties Atletiekklub terwyl sy Sportwetenskap studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, sê dat sy baie uitsien na haar besoek oorsee.

“Ek was baie opgewonde toe ek vir die eerste keer die nuus ontvang het,” sê Tamaryn. “Ek oefen elke dag van die week en sit werklik die ure in.

“Die rede vir my harde werk, is eenvoudig: Practice makes perfect.”




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za