Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Saam kan ons krag bespaar na 31% tariefverhoging

Saam kan ons krag bespaar na 31% tariefverhoging
 
2009-06-25

Lise Beyers

TEEN die einde van volgende maand sal inwoners eers die werklike skok van die elektrisiteitsverhoging van 31% besef, wanneer hulle hul munisipale rekeninge.

Weens dié groot verhoging is dit ’n goeie tyd om ernstig te dink aan maniere om krag te bespaar.

Die moderne mens het so afhanklik geraak van hierdie gerief, dat ons vergeet het dat selfs so min as vyftig jaar gelede het baie van ons ouer familielede oor die weg gekom met die opsitkers en slegs ’n kaggel vir hitte en kosmaak.

Maar vandag is die aanskakel van krag byna net so ’n gedeelte van ons lewens as asem haal.

Die grootste verbruikers van krag in die moderne woning is lugreëlaars, verwarmers, warmwater-silinders, yskaste en stowe.

In die bloedige somerhitte van die Drakenstein, is dit baie makliker vir almal, ook besighede, wat lugreëlaars het, om dit eenvoudig net aan te skakel as hulle effens warm kry.

’n Lugreëlaar behoort slegs aangeskakel te word as die kwik oor 30 grade begin styg. Om ’n huis ook koeler te hou, maak seker dat vensters en gordyne toe is, en ligte af is.

’n Alternatief vir lugreëling is ’n dak-waaier, wat heelwat minder krag gebruik. Maar dikwels voel mense dat dit net warm lug hersirkuleer.

Dit is omdat die waaier dan gestel is om lug na bo te waai, in plaas van af. Die waaier behoort ’n skakelaar te hê om dit so te stel.

En maak ook seker dat jou dak goed geïnsuleer is.

Plant bome om jou huis vir skaduwee. Nie net sal dit jou erf koeler maak nie, maar die omgewing sal baie dankbaar wees.

En as die hitte te erg raak, neem ’n koue stort.

En dan in die winter, probeer maar so ver moontlik wegbly van verwarmers, dit raak in elk geval nie hiér so koud nie.

Steek die kaggel aan, of maak ’n snoesige warmwatersak.

Glo dit of nie, maar ’n yskas gebruik naas ’n lugreëlaar die meeste krag in ’n huishouding en hier is geen maklike uitweg nie.

Maar, indien jy in die mark is vir ’n nuwe yskas, koop een met die laagste kilowatt wat jy kan bekostig. Vandag se yskaste gaan so laag as 200 kwh.

Dan weet ons dat die warmwatersilinder ook ’n groot liefhebber van krag is.

Skakel die silinder af tydens die dag wanneer die minste warm water gebruik word en belê in ’n isolasiekombers om dit warm te hou. Skakel dit ook af as jy weg gaan vir ’n paar dae.

As dit by kosmaak kom, is ’n mikrogolfoond baie meer ekonomies as ’n stoof.

En in ’n perfekte wêreld behoort ons elke aand te braai. Haal ook die ou jaffel-pan uit en maak heerlike broodjies om die kaggel.

En vir die koffie- en teedrinkers deur die dag, koop ’n goeie fles en maak dit soggens vol kookwater vir die dag se drankies. Die tydperk het nou beslis aangebreek waar ons elke sent moet tel, voordat ons dit vir krag wissel.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za