Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sout in die wonde van slagoffers

Sout in die wonde van slagoffers
 
2009-06-25

Editorial/hoofartikel

DIT wil voorkom asof die Paarl nie die veilige hawe is wat in die verlede deur die polisie voorgegee is nie.

Volgens aanduidings is daar lelik gepeuter met misdaadsyfers van die gebied, om polisiestasies goed te laat lyk.

Maar volgens bespiegelinge in die gange van stasies, is hierdie opdragte ontvang van ’n hoër hand, vir eie gewin.

Basies is talle misdade as minder ernstige klagtes aangeteken, en sodoende het dit nie die elektroniese stelsel gehaal nie en is dus nie in die algehele misdaad-statistiek vir die Paarl-streek ingesluit nie.

En blykbaar is daar juis gebruik gemaak van jong, onervare beamptes om te konkel.

Natuurlik sal hierdie nat-agter-die-ore beamptes die woord van enige hoër gesag aanvaar sonder om twee keer te dink.

En op die ou einde is dit weereens Jan Publiek wat hierdeur geraak word, en nog erger, jong weerlose kinders wie se verkragters nie boet soos hulle moet nie.

Dit is werklik soos sout in die wonde van enige slagoffer van misdaad om te weet dat hul saak, hoe groot of klein, nie ten volle ondersoek word nie.

En nog erger, so verloor die breë publiek geloof in ’n stelsel wat veronderstel is om vir hulle te beskerm.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za