Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


SMS-kommentaar

SMS-kommentaar
 
2009-06-25


* Nuwe ding in Paarl: polisievoertuie is nou ook taxi’s met sirene - hulle ry net so onbeskof en maak of die straat aan hul behoort.

* Die twee dames by Dept Arbeid (toonbank 1 en toonbank 2) is so onvriendelik, hulle dink hulle doen jou ’n guns as hulle jou moet help. Is dit nie hul werk nie?

* SPCA se Linda het hart van goud. Mag God haar seën. Lizel

* Wanneer gaan bestuurders leer watter baan om te kies as ’n verkeersirkel genader word, want sommige het geen benul nie!

* Net 10 % van Wellington se motoriste kan reg kar ry en verkeersreëls gehoorsaam, die res weet ek nie van. Paarliet

* Ek is dankbaar dat Food-O-Rama weer oop is dat ons nie so ver moet stap nie, en beter pryse kry.

* Paarl-Oos polisie doen niks omtrent smokkelhuis te Lantanastraat nie, omdat polisiemanne daar kuier na ure.

* As inwoner van Klein Nederburg is ek en baie ander gatvol van dwelmsmouse en smokkelaars in ons gebied, veral in Lan­tanastraat. Hulle vernietig ons mense veral ons jeug.

* Ek wil graag ’n pluimpie aan mnr S van Heerden, assistent-verkeershoof in die Paarl, gee. Hy was baie vriendelik en hulpvaardig nadat ek met ’n netelige verkeersprobleem na hom verwys is. Dis lekker om vriendelik en met respek behandel te word (net jammer ek kan dit nie van almal in daardie departement sê nie)!




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za