Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Agri Megaweek kom

Agri Megaweek kom
 
2009-06-25


BELANGSTELLENDES en rolspelers in Suid-Afrikaanse landbou, verál die kleingraan-, suiwel-, wol- en veebedrywe, kan reeds uitsien na die vol program van die Agri Megaweek wat vanjaar van 15 tot 18 September by die Agri Mega Park in Bredasdorp aangebied gaan word.

Die Agri Megaweek maak soos die laaste paar jaar voorsiening vir interaksie tussen verskeie rolspelers in die landbousektor.

“As gevolg van die toename in elektroniese kommunikasie waarin debatvoering nie meer tot sy reg kom nie, vul die Agri Megaweek ’n groot leemte in landbou deur die aanbieding van verskeie werkswinkels, konferensies en ander interaksie-geleenthede wat goed ondersteun word”, verduidelik Orton King, Uitvoerende Direkteur van die Agri Mega Groep.

Met die tema “Die toekoms is nou” sal programme en gebeure by die ekspo sterk fokus op ’n volhoubare toekoms vir landbou, met die klem op veral die kleingraan-, suiwel-, wol- en veebedrywe.

Na verlede jaar se suksesvolle aanbieding en goeie bywoning, word ’n konferensie vir opkomende boere vanjaar weer by die Agri Megaweek aangebied.

Die graandebat en garswerkswinkels, wat ook goed ondersteun is verlede jaar, sal weer plaasvind en die vierde jaarlikse Plaaswerkerkonferensie word ook weer tydens die ekspo aangebied.

Nuwe items op die 2009 program sluit onder andere in ’n suiweldebat vir melkprodusente, wat die oorlewing van produsente ten spyte van die skommelings in die melkprys, in gesprek sal plaas om die vele uitdagings in hierdie bedryf onder die soeklig te plaas.

Verder word ’n Canola werkswinkel ook vir produsente in die bedryf aangebied.

Verder sal bees- en skaapraskampioenskappe en -uitstallings ook gehou word, met die Nasionale Skaapskeerkompetisie as die hoogtepunt.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za