Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakenstein Munisipaliteit verhoed opgradering

Drakenstein Munisipaliteit verhoed opgradering
 
2009-06-25


DIE Drakenstein Munisipaliteit is besig om die minderbevoorregtes te verarm met die nuwe regulasies (die grootmaatdiensteheffing op aanbouings) wat toegepas word op diegene wat strewe na beter behuising.

Ek is van die opinie dat daar ’n krisis is in die toekenning van huise aan ons gemeenskap, omrede daar nie grond beskikbaar is nie.

Dit gaan my verstand te bowe, die land is amptelik in ’n resessie en Drakenstein Munisipaliteit wil met hul nuwe regulasies geld uit ons arm mense melk.

In beginsel kan hulle nie voldoen aan die gemeenskap se behoeftes nie.

Die inwoners van Paarl en Wellington moet mobiliseer en hierdie regulasies afbreek wat ons vir jare nog gaan laat swaar kry. Daar is ’n donker toekoms vir ons kinders en families.

Dit is wat dit jou gaan kos indien jy jou woning wil verbeter en aanbou: Indien jou bestaande huis 101m² groot is, en jy wil hom verdubbel na 202m², plus ’n tweede wooneenheid (56m²) en motorhuis met stoor (72m²), gaan dit jou in totaal R36 765 kos, behalwe die betaling van jou argitek of die bouwerk self!

Maar aan die anderkant motiveer hulle die inwoners om tweede wooneenhede op te sit, eerder as om ’n hok op jou perseel op te sit. Hoe kry ons as gewone arm mense dit reg?

Denver Engledoe, Newton

Die hoof van Kommunikasie by die Drakenstein Munisipaliteit, May Carolissen, reageer: Die grootmaatdiensteheffing of “Bulk Infrastructure Contribution Levy” (BICL) soos dit bekend staan, word gehef om voorsiening te maak vir die opgradering van infrastruktuurdienste soos strate, stormwater, water, riool elektriese dienste.

Beperkte fondse is beskikbaar in die kapitale begroting om vir die opgradering en voorsiening van nuwe dienste voorsiening te maak.

In terme van wetgewing kan BICL gehef word, maar die fondse mag slegs vir hierdie doel benut word. Die heffing word in ’n spesiale fonds inbetaal en die fondse word slegs aangewend vir die opgradering van die infrastruktuurdienste.

Die BICL is deur die Raad goedgekeur en maak voorsiening vir die infasering van geen betaling vir goedkeuring van aanbouings op ’n bestaande wonings van kleiner as 120 vk meter (nuwe aanbouing ingesluit), tot ’n vol betaling vir wonings groter as 200 vk meter (nuwe aanbouing ingesluit).

Vir ’n aanbouing groter as 120 vk meter word die volle heffing betaal. Die bestaande tarief geldig tot 30 Junie is R36 765 BTW ingesluit.

Nuwe ontwikkelings en verdigting van bestaande areas (soos aanbouings) plaas ’n addisionele las op die dienste. Indien die dienste nie opgegradeer word nie, kan die ontwikkelings nie plaasvind nie.

Die Raad is verantwoordelik om volhoubare ontwikkeling te verseker. Die koste om dienste vir ’n nuwe woonerf te voorsien, is ongeveer R70 000 per erf.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za