Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


SMS-kommentaar

SMS-kommentaar
 
2009-07-02


* Baie dankie vir die pragtige troufoto van ons eie Boervrou en haar Riaan. Mooi wense vir die toekoms. Wellingtonners

* As dit reën moet jy in die straat loop weens die smouse - kyk in Worcester en Stellenbosch is dit beter.

* Smouse: Ek is een van die inwoners van die pragtige Paarl wat volstrek weier om my inkopies in Lady Greystraat te doen as gevolg van die smouse en grypdiewe. Ek verkwis my geld eerder in Tygervallei en die Paarl Mall. Dis veiliger.

* 17 jaar spog ek oor ons dorp se hoofstraat se asemrowende uitsig en pikante winkels. Tien jaar kla ek nou dat mens nie meer op die sypad kan of wil stap nie! Wat het van ons mooi middedorp geword? Leeggeloop.

* ’n Leë gebou kan binne opgedeel word in stalletjies vir die smouse en elkeen betaal ’n gedeelte huur. Hul goed kan daar bly, hul gemors ook, en dis geskik vir alle weersomstandighede.

* Interskole is ’n groot sportgebeurtenis met ’n lang tradisie, daarom dat daar soveel DRUK is, maar dit gebeur by alle skole.

* Tussen wie het die “wye konsultasie” plaasgevind oor interskole by die laerskole? Seker maar net die hoofde en die bestuursliggame.

* Massa-deelname van ouers, familie en vriende maak van interskole ’n sukses. Beide skole dek maar net die tafel vir ons.

* Interskole is nie net vir skole nie en in huidige resessie is toeloop van toeskouers juis nou baie belangrik vir baie besighede

* Die opwinding vir die kinders is juis die groot veld, spreiligte en die magdom skare vir wie hulle speel.

* Nog nooit gehoor of gelees van kinders wat selfmoord pleeg oor interskole druk nie, maar wel weens akademiese druk en groepsdruk.

* Die enigste manier om interskole te normaliseer is om die skare te verbied en slegs ouers toe te laat.

* Omdat die skole so groot is, is interskole vir ons o.13 D&E spanne die enigste tyd wat hulle op dieselfde skaal as die res van die skool speel, baie meer ouers se ondersteuning geniet en kan voel hulle is deel van die skool se rugby.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za