Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jag met honde

Jag met honde
 
2009-07-02


TERWYL die verdrinking van een persoon tydens 地 jagtog betreurenswaardig is (Paarl Post 25 Junie), is dit nog veel erger dat dit nodeloos geskied.

Die verdrinking van die persoon het plaasgevind terwyl hy besig was om ons landswette te oortree en indien hy wetsgehoorsaam was, sou 地 lewe gespaar gewees het.

Die wrede dood van die duiker wat deur honde verskeur was. kan onder geen omstandighede verskoon of goedgepraat word nie.

Die jag van enige dier, ongeag of dit 地 beskermde spesie is al dan nie, waar honde gebruik word om so 地 dier aan te val, is 地 oortreding van die Dierebeskermingswet, Wet 71 van 1962 en verteenwoordig 地 kriminele oortreding. Onder Natuurbewaringwetgewing verteenwoordig dit ook 地 onwettige jagmetode.

Die feit dat jag gemaak is op 地 beskermde spesie is net so betreurenswaardig en weereens nog 地 bewys van die wetteloosheid waaronder die land gebuk gaan.

Die Dierebeskermingsvereniging sal nie skroom om daadwerklik teen sulke oortreders op te tree nie. Waar mense nog hierdie onwettige praktyk toepas moet hulle kennis neem van wat die wet voorskryf.

Chris Theron

(Senior Inspekteur) Wellington DBV




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za