Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vir wie wil hy dan skiet?

Vir wie wil hy dan skiet?
 
2009-07-02


VIR wie wil Deetlefs du Toit skiet? Om ’n man in khaki met ’n geweer wat na my (as leser) ‘korrel’ op die voorblad van ’n gemeenskapskoerant te sien, is in dié tyd en dae totaal onaanvaarbaar.

Is dit die voorbeeld wat lede van ons hoogste gesaghebbende struktuur dien, vir ons stel? Dis duidelik dat hierdie man nog terugverlang na ’n tyd toe mense kon jag maak op ander.

Wat ook ontstellend was, is die feit dat die Paarl Post elektronies beskikbaar is. Wat dink die wêreld van ons as inwoners van hierdie pragtige Vallei? Dat ons agterlik is? Dat hulle bedreig moet voel hier?

Ek vertrou dat die Paarl Post ons tog nie weer so in die verleentheid sal stel nie. Julle is tog nie deel van die ‘Geel Pers’ nie, of hoe?

Jacques Diedericks




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za