Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tariewe is 'n speelbal

Tariewe is 'n speelbal
 
2009-07-02


EK reageer op die berig in die Paarl Post van 25 Junie, “DA takes Municipality to court”

Dit is vir my duidelik dat die DA besig is met ’n politieke veldtog met die verhoogde waardasies van eiendomme as speelbal.

Die DA is deel van die finansiële portefeuljekomitee en het die tariewe vir eiendomsbelasting saam met die ander partye bespreek.

Die portefeulje-raadslid, JT Basson, het aan die DA uitgewys dat hul berekeninge nie in die kol is nie. Alhoewel daar ’n verhoging in waardasie van eiendomme (deur ’n onafhanklike waardeerder) plaasgevind het, is die tariefverhoging ’n gemiddelde van 7,5%.

In effek beteken dit dat sommige belastingbetalers meer sal betaal as 7,5% en ander minder. In gebiede waar verbeterings aan wonings toegeneem het, het die waardasie verhoog.

Die DA beweer dat publieke kommentaar geïgnoreer was. Daar is wel deeglike oorweging geskenk aan die insette van die publiek en die publieke kommentaar het ook by die burgemeesterskomitee van 20 Mei gedien.

Dit wil voorkom asof die DA weet dat hul hofaansoek geen gronde het nie. Dit is slegs ’n verdere poging van die DA om die Raad te destabiliseer om inmenging van die DA Provinsiale Regering te bewerkstellig.

Ek vertrou dat die wanpersepsie wat deur die artikel geskep was, deur hierdie brief reggestel word.

Thomas du Plessis (ANC raadslid)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za