Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisie bedrieg die gemeenskap so

Polisie bedrieg die gemeenskap so
 
2009-07-02


EK verwys na berigte dat die polisiebestuur van die Paarl wat toegelaat het dat die misdaadstatistiek gemanipuleer word deur ernstige misdade wat gerapporteer word te wysig na minderwaardige klagtes en daardeur hul hoofde en die gemeenskap te beďndruk.

Ja, uit eie ondervinding is ek ook oortuig dat dit moontlik is dat as gevolg van die “gunstige” statistiek daar lede van die polisie voordeel getrek het deur bevorderings en bonusse.

Op 26 November het ek die polisie ontbied nadat die agterdeur van my besigheid oopgebreek is en daar ’n poging aangewend is om die veiligheidsdeur oop te breek. Die polisie het ’n verklaring geneem van my en later die dag het ’n speurder my geskakel en my van ’n saaknommer voorsien vir die saak van “kwaadwillige saakbeskadiging” wat ek gerapporteer het.

Ek het hom meegedeel dat ek nie van die saak kennis dra nie, maar wel van ’n poging tot huisbraak by my besigheid.

Hy het aan my probeer verduidelik dat dit is omdat daar niks gesteel is nie.

Ek was nie tevrede daarmee nie en het aangedring dat hy die klagte moet regstel, maar hy het my versoek om nie te probeer om hom sy werk te leer nie en die foon neergesit.

Die betrokke dag is daar nog twee pogings tot huisbraak gerapporteer by besighede en ek is oortuig beide sake is as “kwaadwillige saakbeskadiging” geregistreer.

Ek hou die polisiebestuur verantwoordelik vir hierdie onverantwoordelike, roekelose en bedrieglike optredes van hul personeel, aangesien die voorskrifte daar is dat alle sake wat aanhangig gemaak is deur die betrokke skofbevelvoerder van die uniformlede aan diens, deur die betrokke speurder aan diens nagegaan moet word en later word dit ook die verantwoordelikheid van die speurhoof om toe te sien dat alles in orde is.

Dit is duidelik dat dit ’n spanpoging moet wees met die manipulering van die misdaadstatistiek deur die bestuur, aangesien daar geen regstellings gemaak word nie.

Ek is ’n lid van die Gemeenskapspolisieforum Kuilsrivier vir die afgelope tien jaar en ons vorige stasiekommissaris wat nou aan die hoof staan van die Paarl polisie en omgewing, dir Beaton, het en sal nooit toelaat dat hierdie tipe bedrog teenoor die gemeenskap plaasvind nie.

Hy was nog altyd ’n persoon vir deursigtigheid teenoor die Forum en strek sy hand uit vir samewerking teenoor die gemeenskap.

Alle sterkte aan hom en sy personeel wat nie betrokke is by die bedrogspul nie.

Baie bekommerde Neville Botha




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za