Driekuns in Albions sege oor Gardens
2005-03-17
DIE voortdurende harde werk van Albions Rugby se agsteman is Saterdag op die beste moontlike manier beloon.
Jenovan Cornelissen is al lank ’n staatmaker in Albions se eerste span, en Saterdag se driekuns drieë teen Young Gardens was ’n regverdige beloning.
Albions het dié wedstryd, hul laaste vriendskaplike een voor die seisoen begin, 19-12 (14-5) gewen.
Losskakel Enrico Jordaan het die orige vier punte by wyse van sy skopvoet aangeteken.
Gardens se driedrukkers was Jeremy Koukom en Rowan Fortuin, met Tino Prins wat verdoel. Albions II wen 41-16 en Gardens III wen 15-8. Saterdag om 14:00 speel Albions teen Riverstones op Faurestraat Stadion.
More
News
|