Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Primrose loop oor Albions

Primrose loop oor Albions
 
2005-08-18


DIE eerstespan van Albions Rugbyklub het Saterdag eerstehands ervaar hoekom Primrose die huidige voorloper in die Divisie 1 is, toe hulle 25-12 die knie moes buig in dié wegwedstryd.

Die Paarliete het nie 'n antwoord gehad op die tuisspan se sterk pak voorspelers nie. Albions se eie pak kon nooit werklik aan die gang kom nie, met slegs die agsteman, Yulin Claasen wat sy man moedig gestaan het. Dit is dan ook hoekom hy as speler van die wedstryd aangewys is.

Asof dit nie erg genoeg was nie, het dit kompleet gelyk of Albions se agterlyn heeltyd op piesangskille gegly het.

Die tuisspan was rustyd reeds 18-0 voor, nadat een van Albions se tradisionele staatmakers, Jenovan Cornelissen (flank) die veld weens ’n besering moes verlaat.

In die tweede helfte was dit duidelik dat afrigter, Stevie Williams, hard gepraat het. Die Paarliete het hul sokkies ietwat opgetrek danksy drieë deur Dominic Daniels en Alvin Hugo en ’n doelskop deur Paulse.

Die prentjie kon heelwat anders gelyk het, as Paulse met meer sukses na die pale gemik het. Drie verbroude strafskoppe en ’n doelskop het Albions van waardevolle punte beroof.

Die tweede en derde spanne verloor ook albei 15-10 en 9-7.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za