Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesoek: Wellingtonner van die jaar

Gesoek: Wellingtonner van die jaar
 
2009-07-02


DIE Wellington Rapportryers bied vanjaar weer die swierige funksie aan waar die Wellingtonner van die Jaar aangewys word.

Hierdie funksie vind vanjaar plaas op 30 September op die plaas Diemerskraal. Dit beloof om ’n aand sonder gelyke te wees, aangesien daar nie vanjaar ’n gasspreker sal wees nie, maar wel ’n gaskunstenaar.

Ten einde die aand ’n sukses te maak, word die publiek versoek om teen 31 Julie nominasies vir hierdie besondere toekenning in te dien.

Die nominasie moet die volgende inligting bevat:

* Volledige naam en van van die genomineerde.

* Die volledige naam en van van die nomineerder.

* Volledige uiteensetting van die genomineerde se betrokkenheid by die gemeenskap van Wellington, aantal jare woonagtig in Wellington, kontakbesonderhede vir verwysing en die nagaan van die korrektheid van inligting.

* Duidelike uiteengesette motivering vir die nominasie van die genomineerde.

Die nominasie moet gestuur word aan Die Voorsitter, Wellington Rapportryerskorps, Posbus 701, Wellington, 7654 of e-pos aan johann @andrewmurray.org.za.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za