Huis-aanval in Denneburg
2009-07-02
'n SOEKTOG is aan die gang na drie mans wat 'n gesin van Denneburg verlede week aangeval het.
Die voorval het Donderdagmidag plaasgevind, toe drie jong mans toegang verkry het tot 'n vwoning in Santralinestraat, deur 'n oop venster.
Hulle het die inwoners met skroewedraaiers gedreig, maar slegs met verskeie selfone gevlug. Alhoewel niemand beseer is nie, is die slagoffers erg getraumatiseer deur die voorval. Die voortvlugtiges was geklee in swart baadjies en pette en is vermoedelik in hul vroeë twintigs. Hierdie jongste aanval kom ses weke na die skokaanval op Mariana de Jager in haar Pleinstraat woning. Die polisie maan die publiek om altyd hul veiligheid in ag te neem, en seker te maak dat hulle wonings beveiig is teen ongewenste toegang. Enigiemand wat die polisie met hul ondersoek kan help, kan vir sers Jerome Steenkamp skakel by 021-807-4068.
More
News
|