Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hokkiespanne lyk goed

Hokkiespanne lyk goed
 
2005-08-18


DIE Paarl Manshokkiespan het verlede Saterdag met ’n 4-3 sege oor Vredenburg deurgedring na die eindstryd van die Boland senior hokkieliga.

Die Paarl vrouehokkiespan het op hul beurt 6-0 verloor teen Worcester, wat tans in die derde posisie op die punteleer plaas.

Die Wellington vrouehokkiespan is tans die ligavoorlopers en sal in die halfeindstryd kragte meet teen die span van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) wat in die vierde posisie lê.

In die ander halfeindstryd het die Paarlse vroue gister op Stellenbosch teen Worcester te staan gekom. Die uitslae was teen druktyd nog nie beskikbaar nie.

Die manspan van CPUT speel op 27 Augustus in die eindstryd teen hul eweknieë van die Paarl, terwyl Worcester en Vredenburg sake sal uitspook vir die derde en vierde plek.

Persone wat belangstel om by Boland Senior Hokkie betrokke te raak, kan Marli Saunders (082-339-8495) skakel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za