Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pasop vir jong swendelaar

Pasop vir jong swendelaar
 
2009-07-02


’n JONG swendelaar is besig om ryk te word uit niksvermoedende weldoeners in Noorder-Paarl.

Volgens een slagoffer wat nou R120 armer is, klop die jong man by wonings aan om loterykaartjies te verkoop.

Hy vertel ’n lang storie dat hy dit verkoop namens ‘fundraiser.com’ om sodoende fondse in te samel vir ’n studiebeurs vir sy broer.

Die slagoffer van Hendrikastraat het ’n kaartjie teen R20 gekoop en die mannetjie is daar weg.

En twee weke later klop hy weer by haar voordeur aan met die tyding dat sy ’n vierwiel-motorfiets gewen het. Maar sy moet nog R100 uithaal vir administrasie en aflewering.

Die gelukkige wenner is so oorstelp oor haar geluk, dat sy nie gehuiwer het om van haar swaarverdiende geld ontslae te raak nie. Die jong swendelaar het selfs sy naam aan haar gegee as ene JP Nel wat in Mollstraat woon, asook sy selfoonnommer.

Hy het belowe dat die motorfiets binne sewe dae afgelewer sou word, maar dit is nou reeds twee weke gelede, en die kontakbesondere blyk vals te wees.

Die jong man is ongeveer 24 jaar oud, het swart hare en is effens skeel.

* A young fraudster is at work in Paarl North, selling fake raffle tickets.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za