Raadslid Pheiffer aangekla
2009-07-02
DIE Franschhoekse raadslid wat tans dien as Speaker van die Stellenbosse stadsraad, Gordon Pheiffer, het onlangs in die Paarlse landdroshof verskyn op aanklag van diefstal en bedrog. Dit spruit uit die beweerde diefstal van R21 000 op 12 Oktober 2006, nadat dié geld, wat vir instandhouding van die gemeenskapsaal in Groendal bedoel was, na bewering in Pheiffer se sak beland het. Die verfwerk het glo R10 000 gekos, maar die kwotasie waarvoor betaal is, was vir R31 000, en Pheiffer het glo aan die verwer gesę om die verskil aan hom te betaal. Pheiffer word ook aangekla van poging tot bedrog of alternatiewelik regsverydeling nadat hy glo n vals verklaring aan die vorige Speaker van die stadsraad voorgelę het deur Vernon John Williams, om die getuienis teen hom te weerlę. Die oorspronklike saak teen Pheiffer is in Oktober 2007 teruggetrek en die DA se vertoë tot die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Pierre Uys, om Pheiffer uit die raad te verwyder, het op niks uitgeloop nie. Nadat die ANC die stadsraad in April verlede jaar oorgeneem het, is Pheiffer as Speaker aangewys. Die saak sal op 15 September in die Paarlse Streekhof voorkom.
More
News
|