Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Annelie Botes op die verhoog by Breyten

Annelie Botes op die verhoog by Breyten
 
2009-07-02


SKRYWER Annelie Botes, die outeur van treffers soos Raaiselkind en Sabbatsreis, kom maak op Saterdag 4 Julie om 19:00 ’n Kaapse draai by die Breytenbach-sentrum om te gesels oor haar nuutste boek, Thula-Thula.

Wat die storie-aand met Botes so besonders by die Breytenbach-sentrum maak, is dat dit nie ’n gewone boekbekendstelling is nie. Botes klim op die verhoog en speel haar eie storie! Dit is min dat ’n mens die geleentheid kry waar ’n skrywer toneel speel.

Oor die mens agter hierdie aangrypende stories, sê Botes, is daar niks méér of omvangryk as rondom gewone mense nie.

“Ek kan was en stryk en aartappels skil en knope aanwerk,” vertel sy.

“Soms is ek só beterweterig en selfgesentreerd dat ek dit nie met myself kan uithou nie. Dan gooi ek leë bottels teen die garagemuur stukkend en praat in aaklige tale, sonder waardigheid of vroulikheid,” lag Annelie.

Wat hierdie grapperige skrywer wel kwaad maak, is wanneer iemand dink sy is “onnosel, as die bergwind waai, en as mense grappe maak oor dom vrouens, want ’n mens kry nie so iets soos ’n dom vrou nie!”

Kaartjies is R50 en sluit sop en ’n glas wyn in. Besprekings kan gedoen word by 021-873-2786 of e-pos ellziena@breytenbachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za