Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ek maak my oë toe vir die wêreld

Ek maak my oë toe vir die wêreld
 
2009-07-02


BLINDEMOL, ’n sketskomedie in kabaretstyl wat die hedendaagse bekommernisse van verskillende Suid-Afrikaners ondersoek, is Vrydagaand om 20:00 te sien by die Ou Meul-teater in die Paarl.

Blindemol is ’n satire wat laat skater en sny en jou uit jou gemaksone ruk. ’n Uiteenlopende aantal karikature uit die Afrikaanse kultuur word gespeel deur Yolandé Rabé en Sophia Wessels, beide ervare komedie aktrises in die teaterbedryf.

Na vyf jaar span dié twee weer kragte saam ná hulle onderskeidelik prestasies op die verhoog behaal het.

Kaartjies is R60 (R30 vir skoliere) en kan bby Vicky Stemmet by 083-564-0056 bespreek word.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za