Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drama op pas

Drama op pas
 
2009-07-02

Lise Beyers

GRU-TONELE het op ’n bykans perfekte Sondag afgespeel, toe ’n motorfietsryer op slag dood is, nadat hy ’n aankomende vragmotor getref het.

Abdul Banderker (44) van Kraaifontein was Sondag deel van ’n motorfietsklub se uitrit na Montagu.

Met hul terugkeer oor Dutoitskloofpas het die noodlot egter getref, toe Banderker net voor die kruin van die pas homself misgis het om ’n draai, en vermoedelik teen hoë spoed met ’n vragmotor gebots het.

Met die impak het die motorfiets se petroltenk ontplof, en so ook die vragmotor.

Banderker se motorfietsmakkers moes ’n gedeelte van sy been, wat in die ongeluk vergruis is, afsny om sy liggaam uit die vlamme te verwyder.

Die bestuurder van die vragmotor en sy twee passasiers het daarin geslaag om ongedeerd uit die kajuit te vlug. Kort hierna is die hele voertuig deur vlamme verswelg.

Dit het veroorsaak dat die berg aan die onderkant van die pas aan die brand geslaan het. Die vlamme is aangehits deur ’n sterk oostewind vanuit die kloof.

Die hulp van die Kaapse Wynland Distrik se branddienste is ingeroep en hulle het eers laat Sondagmiddag die brand onder bedwang gebring.

Die pas was vir etlike ure vir motoriste gesluit, totdat die toneel opgeruim is.

* A horrific accident on Du Toit’s Kloof pass claimed the life of a motor-cyclist on Sunday.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za