Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakies te sterk

Drakies te sterk
 
2009-07-02


DRAKENSTEIN se vroue-rugbyspan het die tweede helfte van hul rugbyseisoen goed begin, toe hulle ’n 19-5 oorwinning behaal het oor Langunya, in Nyanga.

Die Drakies het eerste punte aangeteken, met ’n drie deur Areesa Grain. Theresa Ruiters het dié drie verdoel.

Die Drakies se tweede drie het gekom vanaf ’n lynstaanbeweging. Die bal was deur die hande gespeel na Portia Scott, wat 75 meter gehardloop het om ’n drie onder die pale te gaan druk. Ruiters was in die kol met die doelskop.

Die bloedjong vleuel, Areesa Grain (14), was volgende om agter die doellyn te gaan kuier, ná die Drakies ’n beweging uitgevoer het vanaf ’n skrum in hul eie kwartgebied. Dié drie was ook Langunya se doodskoot.

Die Drakies se voorspelers raak beter by die dag, terwyl die samespel tussen die agterspelers ook verbetering toon.

Die speler van die wedstryd was Cristal Diedericks.

Die Drakies se volgende wedstryd is teen Young Brothers van Nyanga.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za