Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Toutrekker trek SA-kleure nader

Toutrekker trek SA-kleure nader
 
2005-08-18


DIE kranige toutrekker Jaco Cronjé (17) se harde werk is onlangs beloon met sy insluiting in die SA o.23 toutrekspan.

Cronjé, ’n leerder van Hoërskool Labori, sal volgende maand saam met die res van die span aan die o.23 Wêreldkampioenskappe in Italië deelneem.

Die Paarliet is reeds vyf jaar betrokke by dié sport. Hoewel hy deur Abrie van den Berg van die Paarl Junior Toutrekklub aan toutrek bekend gestel is, is hy tans lid van die Malmesbury Senior Toutrekklub.

Jaco, wat die anker-posisie in die toutrek-opset vervul, word deur Schalk le Roux van die Malmesbury-klub gebrei.

Dié klub spog met vier lede wat in die nasionale toutrekspan opgeneem is.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za