Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Evergreens Rugbyklub speel gelykop teen Universals

Evergreens Rugbyklub speel gelykop teen Universals
 
2009-07-02


DIE eerste rugbyspan van Falstan Evergreens kon nie verlede Saterdag op Hopefield die knoop deurhaak teen die tuisspan, Universals, nie. Die wedstryd het 15-15 geëindig.

Evergreens se Samuel ‘Sampie’ Andries het eerste gaan druk ná goeie samespel tussen sy spanmaats.

Julies het dié drie verdoel en kort daarna ’n strafdoel behaal om die besoekers 10-0 te laat voorloop.

Net voor rustyd het Universals teruggeantwoord met ’n onverdoelde drie (rustydtelling 10-5).

Evergreens se Andries het in die tweede helfte sy tweede drie gedruk, met Universals wat teruggeantwoord het met ’n verdoelde drie.

In die laaste minuut van die wedstryd het Universals egter met ’n skepdoel geslaag, om die wedstryd gelykop te laat eindig op 15-15.

Vir Evergreens het Julies, Andries, André Andreas, Willem Cornellisen en Kallie Jacobs uitgeblink.

Evergreens II het 20-12 verloor en die derde span het 3-3 gelykop gespeel.

* Saterdag speel Evergreens teen Standards (Citrusdal).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za