Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die Blou Trein klop Hawston oortuigend

Die Blou Trein klop Hawston oortuigend
 
2009-07-02


DIE manne van Wellington, Hillcrest United (alombekend as die Blou Trein) het na ’n middelmatige eerste helfte tot hul reg gekom in die tweede helfte van Saterdag se wedstryd om hul opponente van Hawston behoorlik te klop met 29-19.

Die rustydtelling was 11-3 in die guns van Hawston.

Die eerste helfte was gekenmerk deur swak oordeel en swak samespel onder Hillcrest se gedugte agtal.

Harde woorde en ’n paar taktiese skuiwe het egter die nodige vonk verskaf. Die toetrede van Jerome Coetzee as losskakel en Francois McKenzie as stut het beslis die nodige uitwerking gebied.

Gerswin Heugh, 2008 se speler van die jaar, was weer lus vir hardloop en het talle aanvalle van agter geloods.

Die voorspelers, met Renaldo Festus (haker) aan die spits, het rolmaalbewegings gebruik om hul opponente tot oorgawe te dwing.

In die tweede helfte was daar geen keer aan die Blou Trein nie, met alle fases wat met meer akkuraatheid en met oorgawe uitgevoer was.

Jerome Coetzee se vermoë om sy snellers weg te stuur en ook om sy voorspelers op die voorvoet te kry, het beslis die gang van die wedstryd heeltemal verander.

Vir die wenspan het Francois McKenzie, Gerswin Heugh, André Andrews en Gerswin van Rooyen (flank), drieë gedruk.

Jeremy Koukom het met een strafskop en twee doelskoppe geslaag. Jerome Coetzee het ook een doelskop oorgeskop.

Eerskomende naweek speel Hillcrest tuis teen Atlantics van Hermanus. Hillcrest se juniors sal ook Saterdag, vanaf 10:00, in aksie wees op Pelikaanpark.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za